HOËRSKOOL
PRESIDENT
Hoërskool President

Landsdiens

Die landsdiens is onder leiding van Me. Gersner.

 

Landsdiens het dit ten doel om lede lief te maak vir:

  • sy medemens
  • sy Skepper
  • die natuur
  • die verrigting van arbeid.

 

Bymekaarkom tye:

Woensdae: 14:05 tot 15:30
Landsdiens word in die winter en somer aangebied.

Alle leerders van graad 8 tot graad 12
is baie welkom om deel van die landsdiens te wees.

Om deel te wees van die landsdiensspan,
het 'n leerder tonne entoesiasme nodig en 'n klein registrasiefooi.

‘n Landsdiensbalkie is ook te koop met die Landsdiensembleem daarop.


Aktiwiteite wat deur die landsdiens aangebied word:

Gewone kampe:
Enige van die lede mag op 'n gewone kamp gaan.  Tydens hierdie kampe word verskeie spanbou
aktiwiteite gereël en dit is die ideale wegbreek vir enige leerder uit die stad. Leerders moet
egter vir hierdie kampe betaal.  Die fooi is om akkommodasie, vervoerkostes en etes te dek.

Nasionale kampe:
Leerders word tydens gewone kampe en op grond van hul betrokkenheid by hul eie skool,
gekeur om op die nasionale kamp te gaan.

Rolstoel projek:
Leerders moet plastiekbinders van broodsakkies bymekaar maak en skool toe bring.
Die plastiek word gestuur vir herwinning en sodoende word geld vir rolstoele ingesamel,
Lede van die publiek is welkom om hul plastiekbinders by die sekretaresse af te gee en
sodoende deel te word van ons projek.

Kniekombersies:
Leerders moet uit oorskiet wol, vierkante brei.  Komberse word dan van die
vierkante gemaak en vir bejaardes in ouetehuise geskenk.
Die leerders reik ook uit na die ouetehuise deur hulle te gaan besoek.

 

Besonderse prestasies:

Jean-Marie Jonkers het Nasionaal ontvang vir haar bydrae in die landsdiensgemeenskap.

 

 

Terug na Kultuur