HOËRSKOOL
PRESIDENT
Hoërskool President

Marius van der Westhuizen

Marius van der Westhuizen 2002

Superblaser

Ons is baie trots op President se Eerste Rugbyspan kaptein van 2002 wat as rugby skeidsregter groot hoogtes bereik.

Hy het in 2013 die Varsity Cup finaal tussen Maties en Tukkies geblaas.

Hy het verder presteer deur die fluitjie in die Internasionale Rugbyraad (IRR) se 7 man rugby finaal te dra. Dit is die eerste keer sedert die Internasionale Rugbyraad merietepanele het dat hy ‘’n blaser vir ’n internasionale wedstryd aanstel waarin sy landgenote speel.

Marius was soveel beter as die ander skeidsregters dat meriete vir die IRR swaarder as neutraliteit geweeg het.

19 Oktober 2013: Marius is deur die WP Rugby-unie aangewys as hul Skeidsregter van die jaar.

31 Oktober 2013:  Marius se droomjaar duur voort toe hy vandag die eerste keer aangewys is in Sanzar, die beheerliggaam van rugby in die Suidelike Halfrond se paneel Super-skeidsregters.

Baie geluk, Marius, jy het jou droom nagejaag en is vir elkeen van ons in President 'n inspirasie!

Terug na Oud-Presidenters