HOËRSKOOL
PRESIDENT
Hoërskool President

Wie is ons?

PRESIDENT ONDERSTEUNERSKLUB (POK)

Die klub bestaan uit verteenwoordigers van die ouers en ander ondersteuners van die skool en stel hom ten doel om op sport- en kultuurgebied ondersteuning te bied aan behoeftige leerders en om diens te lewer tydens funksies en byeenkomste. Die klub lewer 'n diens van onskatbare waarde aan die skool.

Fooie vir een jaar:

R50 per gesin (man en vrou) per jaar.

Projekte:

Hoofprojek is die instandhouding van die Kleinsaal.
So 'n paar maande terug is die kleinsaal oorgeverf en nuwe teëls is gelê. Voorsiening is ook gemaak vir 'n ingeboude braai area. Die Ondersteunersklub beoog om in die toekoms die hele vloeroppervlakte te teël en nog vele ander projekte aan te pak. Die foto’s en fotorame wat in die Kleinsaal hang is ook die werk van die Ondersteunersklub. Hulle finansier fotorame vir die foto’s van top sportpresteerdes.

Die skool is baie dank verskuldig aan die komitee-lede wat by elke sportgeleentheid van vroeg oggend af reg staan om die nodige finansies te genereer deur verkope uit die snoepie en ook om personeel van ons skool en besoekende skole te onthaal.

Terug na President Ondersteunersklub